ATKV Goudini Spa

Finansiele Bestuurder

Job Location

Worcester, South Africa

Job Description

ATKV-betrekkings ATKV-Goudini spa Finansiële bestuurder Die ATKV is n dinamiese en snelgroeiende Afrikaanse taal- en kultuurorganisasie en het n vakature vir n gekwalifiseerde finansiële bestuurder by sy vakansieoord, ATKV-Goudini spa. Indien jy reeds jou klerkskap voltooi het en by SAIPA of SAICA geregistreer is, vyf jaar se toepaslike ondervinding in n finansiële hoofkantoor het, rekenaarvaardig is met spesifieke verwysing na Pastel Partner, Sage Intacct, VIP 300 People Payroll Management, INNkeeper en die Microsoft-produkreeks, onder andere Excel, en uitstekende administratiewe vaardighede het, is hierdie geleentheid vir jou. Vernaamste verantwoordelikhede Finansiële verslagdoening Maandelikse samestelling en kontrole van finansiële inligting ten opsigte van die oord se bedryfsaktiwiteite. (Bestaande uit inkomstestate, finansiële state en kontantvloeistate.) Korttermyn- finansiële beplanning Deurlopende betrokkenheid by die bestuur en die bywerking van die jaarlikse bedryfsprojeksies, asook die monitering van die maandelikse begrotingsprestasie teenoor werklike prestasie. Langtermyn- finansiële beplanning Bystand met die jaarlikse kontrole en bywerking van die langtermyn- finansiële strategie van die maatskappy. Begrotings Bystand met die voorbereiding en konsolidasie van jaarlikse begrotings. Kapitaalbestuur Vastebateregisteronderhoud, asook deurlopende betrokkenheid by die bestuur en die bywerking van die jaarlikse kapitaalbestedingsbehoeftes in ooreenstemming met die kontant wat beskikbaar is. Tesouriebestuur Daaglikse monitering van banksaldos om te verseker dat kontant beskikbaar is om verpligtinge in alle areas van verantwoordelikheid na te kom. Belasting Verantwoordelikheid sluit in korrekte rekenskap van BTW. Interne oudit en risikobestuur Bestuur-, hersiening- en verbeteringsprosesse, werkwyses en bestuursinligting om proaktiewe optrede te verseker, gereelde toetsing van die nakoming van interne beheermaatreëls om die akkuraatheid van die finansiële rekords te verseker, asook ondersteuning en opleiding aan verskeie interne belangegroepe. Eksterne oudit Korrespondensie met eksterne ouditeure ten opsigte van die beplanning en uitvoering van die oudit, gevolg deur die uitbestuur van ouditverslagpunte en die instelling van regstellende aksies in hierdie verband. Opbrengsbestuur Rapportering van besetting aan die oord se bestuurspan, asook lewering van insette rondom aksies gemik op die oord se inkomstedoelwitte. Bestuur en ontwikkeling van die finansiële personeel op die oord. Ander ad hoc-verantwoordelikhede, toegeken deur die hoofbestuurder van Finansies, Sake, of die Goudini spa-oordbestuurder. Verrig dienste as diensbestuurder Indien jy reeds jou klerkskap voltooi het en by SAIPA of SAICA geregistreer is, vyf jaar se toepaslike ondervinding in n finansiële hoofkantoor het, rekenaarvaardig is met spesifieke verwysing na Pastel Partner, Sage Intacct, VIP 300 People Payroll Management, INNkeeper en die Microsoft-produkreeks, onder andere Excel, en uitstekende administratiewe vaardighede het, is hierdie geleentheid vir jou. Bcom Rek graad en meer vereistes

Location: Worcester, Western Cape, ZA

Posted Date: 8/6/2025
View More ATKV Goudini Spa Jobs

Contact Information

Contact Human Resources
ATKV Goudini Spa

Posted

August 6, 2025
UID: 5339719552

AboutJobs.com does not guarantee the validity or accuracy of the job information posted in this database. It is the job seeker's responsibility to independently review all posting companies, contracts and job offers.