Orffer & van der Merwe Human Resource Practitioners
BESPROEIINGSBESTUURDER
Job Location
Northern Cape, South Africa
Job Description
Hierdie gevestigde uitvoer vrugte groep beskik oor die uitdagende beroepsgeleentheid vir n dinamiese, energieke individu met dryfkrag en passie vir boerdery om by hul suksesvolle span aan te sluit BESPROEIINGSBESTUURDER KAKAMAS OMGEWING Vereistes: - Ons wag op aansoeke van selfgedrewe persone met 3-5 jaar toepaslike ondervinding in besproeiings omgewing en/of ondervinding in alle aspekte van besproeiing op tafeldruif, sitrus & rosyne. - Goeie produk kennis en kundigheid van besproeiingstelsels, pompe en rekenaarstelsels. - Goeie menseverhoudings en kommunikasievaardighede. - Bogemiddelde rekenaarvaardigheid en probleemoplossings-vaardighede. - Tegniese / meganiese agtergrond van installering en onderhoud op besproeiingstelsels en pompe. Pligte sal onder meer behels: - Installering van besproeiing stelsels, pyplyne en pompkamers. - Onderhoud op besproeiing stelsels. - Foutopsporing, diens en herstel van stelsels. - Bestuur en opleiding van arbeid. - Algemene administrasie en sekuriteit. Aansoekers met toepaslike kwalifikasie en ondervinding van kunsmis en bespuitings sal voorkeur geniet. Daar word markverwante vergoedingspakket met voordele eie aan die bedryf aangebied. Rig u volledige CV met verwysing MAB voor 20 Junie 2025 aan recruitment@ovdm.co.za Indien u nie binne drie (3) weke na die sluitingsdatum gekontak word nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Location: Northern Cape, ZA
Posted Date: 6/13/2025
Location: Northern Cape, ZA
Posted Date: 6/13/2025
Contact Information
Contact | Human Resources Orffer & van der Merwe Human Resource Practitioners |
---|